Close
(0) items
You have no items in your shopping cart.
All Categories
    Filters
    Currency
    Search

    Modern Fiction


    View as Grid List
    Display per page

    Die eerste siklus

    R59,00 R400,00
    'n Belangrike heruitgawe. Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus.

    Koos Meyer: Lag-lag 'n legende

    R39,00 R210,00
    Koos Meyer is 'n legende. Op laerskool reeds was hy 'n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter.

    Karolina Ferreira

    R39,00 R270,00
    Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur 'n vrou in 'n karavaan.

    Voetstoots

    R20,00 R310,00
    'n Aangrypende roman oor die lotgevalle van die gewone mens in Æn samelewing waar geweld net onder die oppervlakte le. Soos in John Miles se vorige roman, Die Buiteveld, word die kompleksiteit van Æn mens se verlede deurgetrek na die sosio-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid.

    'n Droe wit seisoen

    R59,00 R300,00
    In die middel staan Ben du Toit, "'n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens". Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en die se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer.

    Op 'n eiland

    R20,00 R270,00
    Four South Africans spend some time together on a Greek island. Seldom in his oeuvre has Schoeman succeeded in portraying the fragility and incompleteness of human relationships with such clarity.

    Wat die oog gesien het

    R20,00 R225,00
    In hierdie bundel kortverhale skets die verteller mense en hul onderlinge afhanklikheid van mekaar met deernis en humor. Sommige verhale speel af op plase en plattelandse dorpe, terwyl ander onverwagte eendersheid in vreemde lande ontdek.

    Marike se laaste dans

    R39,00 R230,00
    Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie. Bedags word sy bloots gery deur "lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome".

    Nuwe stories

    R39,00 R195,00
    Die beste 21 verhale uit die inskrywings vir Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. In hierdie bundel kan jy die pols van 'n nuwe generasie Afrikaanse skrywers voel.

    Talia vat grond

    R39,00 R230,00
    Na amper 10 jaar se wegsteek en regpraat is genoeg genoeg, besluit Talia. Die man moet gaan. Maar binne 'n jaar besef sy dit is makliker om te skei as om klaar te kry. Sente tel, 'n vuil kombuis en eensame staptogte in die plattelandse stof is die belonings vir haar egskeiding.

    Ander lewens

    R20,00 R325,00
    Hierdie drie novelles word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars: 'n skilder, 'n argitek, 'n pianis.

    Met koffer en kaart

    R49,00 R240,00
    Langs 'n stormrivier skop 'n vrou haar hoehak Bally-skoene uit, want sekere situasies moet kaalvoet aangedurf word. 'n Ander vrou (deur die geliefde versaak) dwaal mymerend in 'n Klein-Karoo-dorp totdat 'n naaldekoker haar pad versper.

    Op 'n plaas in Afrika

    R39,00 R232,50
    Boeiende en hoogs leesbare verhale wat meestal afspeel in die Suid-Kaap, die omgewing waar die skrywer grootgeword het.

    Die eerste lewe van Adamastor

    R39,00 R250,00
    Æn Welkome heruitgawe van 'n roman wat in die tagtigerjare verskyn het en gebaseer is op die mite van die reus Adamastor, wie se liggaam glo die gebergtes van die Stormkaap gevorm het.

    Handeklap vir Afrika

    R39,00
    Pieter en die Ingilsman word dikwels opgeroep om te gaan verneem wat die Indoena en sy Raad van Oumanne van sy stamlede met reguit hare verwag.

    Franse briewe

    R20,00 R275,00
    Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek Die hart van ons huis aan haar lewe in Provence bekend gestel het? Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel.