Close
(0) items
You have no items in your shopping cart.
All Categories
    Filters
    Currency
    Search

    Love in the time of treason

    ISBN: 9780795702754
    Format: paperback
    Ayesha en Yusuf Mukadum van die klein dorpie Sarwa in Indie, baie jare al man en vrou, wag op Worcester-stasie op die Blou Trein.
    R39,00
    R215,00
    Dispatched within 7-10 working days.

    Ayesha en Yusuf Mukadum van die klein dorpie Sarwa in Indie, baie jare al man en vrou, wag op Worcester-stasie op die Blou Trein. Aan boord van die trein is Nelson Mandela...Maar om by die begin te begin: Ayesha (oftewel Bibi) Dawood woon by by haar ouers op Worcester. In die vyftigerjare word sy 'n vurige aktivis. Saam met mense soos Nelson Mandela en Ismael Meer (man van die bekende aktivis Fatima Meer) staan sy tereg in die berugte hoogverraadsverhore. Daar word klopjagte uitgevoer op haar ouers se huis en sy self word herhaaldelik gearresteer en in die tronk gestop. Sy bly sterk, maar toe die regering verskeie politieke organisasies verban en vooraanstaande leiers arresteer, dien dit haar gees 'n gevoelige knou toe. Sy bly egter getrou aan haar vryheidsideaal. Intussen het Yusuf, vir wie sy 'n paar jaar tevore ontmoet het toe sy tydens 'n oorsese sending vir haar ouma in Indie gaan kuier het, van 'n skip in Durban gedros en die liefde van sy lewe tot in Worcester gevolg. Hulle trou, maar na 'n paar jaar word Yusuf as onwettige immigrant gearresteer. Bibi weier om inligting te verskaf oor waar oorsee aktiviste-vlugtelinge hulle bevind, en sy en Yusuf moet Suid-Afrika verlaat vir Indie - Bibi met 'n vertrekpermit. In Indie gaan dit swaar. Yusuf moet as trekarbeider in Kuweit gaan werk terwyl Bibi tuis vir die gesin moet sorg. Dan, uiteindelik, baie jare later, hoor sy van Nelson Mandela se vrylating - en die moontlikheid om die land wat sy liefhet, weer te sien, word 'n werklikheid. En so ontmoet sy na al die jare van swaarkry weer vir Nelson Mandela.

    Products specifications
    ISBN13 9780795702754
    Contributor Jaffer, Zubeida
    Language English
    Format paperback
    Imprint Kwela Books
    Publisher Kwela Books
    Publication Date 2008-10-16
    Short Description Love in the time of treason Jaffer, Zubeida 9780795702754
    Citations <li><i>Reference and Research Bk News</i> 06/01/2011 pg.41 (9780795702754) </li>